Waar elke kind Uniek mag wees

Wat is Uniek?

UNIEK is op 16 Januarie 2023 gestig met die uitsluitlike doel om kinders met leeruitdagings te ondersteun. Ons bied onderwys vanaf grade 1-7. Ons klasverbande bestaan uit 5 tot 7 leerders per klas sodat ons die nodige aandag aan elke leerder kan gee. Ons klasse word aangevul met sielkundigedienste wat kinders se leeruitdagings aanspreek. Ons Ondersteuningsentrum is in samewerking met die Universiteit van Pretoria, waarin ons studente kry wat ondersteun met die leerders se terapeutiese behoeftes. Ons fokus op die versterking van neurologiese sisteme, spraak- en leervermoëns.

Professionele Onderrig

Ons onderwysers is spesiaal opgelei om kinders met verskillende leerversteurings te begelei en te ondersteun. Deur ervaring, kennis en liefde verseker ons dat u kind die beste onderrig kry!

Christenlike opvoeding

Christus staan sentraal in ons werk en ons leer die kinders van Sy genade en liefde. Ons moedig hulle aan om deur woord en daad Hom te loof en groot te maak.

Sielkundige ondersteuning

Uniek bied skolastiese asseserings, gedrags- en emosionele intervensies en Irlen screening aan. Ons maak gebruik van ILT (Integrated learning theraphy) om kinders se leer vaardighede aan te spreek.

Verrykende aktiwiteite

Ons skool bevat ‘n reeks aanvullende aktiwiteite wat ontwerp is om die kinders se leervermoëns te ontwikkel terwyl dit boeiend en lekker is! Aktiwiteite sluit in houtwerk, robotika, leesvaardighede, LO en perdry.

Missie & Visie

Deur middel van pasgemaakte programme streef ons daarna om elke kind met hul individuele uitdagings te ondersteun, hul leerproses te bevorder en hul potensiaal te ontsluit.

Alhoewel dit ons missie is om kinders meer aanpasbaar en voorbereid te maak, waardeer ons hul uniekheid en beklemtoon ons hul individuele persoonlikhede.