Ons klasse

Ons klasse is strategies opgestel om kinders met verskillende vermoëns te koppel en ‘n meer samehangende omgewing te verseker.

Elke onderwyser is spesifiek opgelei om kinders binne ‘n sekere ouderdomsgroep te hanteer en hulle te help om hul onderskeie doelwitte te bereik.

Graad 3

Juffrou Liana

Die graad 3’s volg ‘n praktiese kurrikulum met baie praktiese oefeninge en programme. Ons volg ‘n meer holistiese benadering, met die fokus op onderwerpe soos basiese wiskunde, lees- en lewensvaardighede.

Samewerking word aangemoedig en bevorder ‘n innemende en ondersteunende omgewing.

Graad 4

Juffrouens Margreet & Anne-Marie

Die graad 4’s pak hoofstroomonderwerpe soos wiskunde en tale aan. Alhoewel die kurrikulum soortgelyk is aan hoofstroomskole, spandeer ons meer aandag op die onderwerpe om te verseker dat die leerders n goeie grondslag het. Persoonlike aandag word aan die leerders gebied en tesame met hul persoonlike programme sorg ons dat die leerders op standaard bly met hoofstroomonderwys onderwys.

 

Graad 6

Juffrou Elmarie

Graad 6 leerders werk met meer gevorderde onderwerpe en begin met die voorbereiding na die seniorfase. Net soos die ander klasse bevat die graadses-klas leerders van alle ouderdomme. Ons fokus op die leerders se ingesteldheid en om hulle vir die seniorfase voor te berei.

Vaardighede

Meneer Juan

Alhoewel vaardighede ook as ‘n vak bestaan vir die algemene leerders, is daar ook ‘n voltydse afdeling vir leerders wat nie in enige graadverband pas nie. Hierdie leerders onderneem praktiese kursusse met meneer Juan waarin hulle waardevolle vaardighede leer. Leerders kry die geleentheid om aan persoonlike projekte te werk waar hulle aangespoor word om hul eie idees en kreatiwiteit te deel.