Ons metodologie
Ons klasse is strategies opgestel om kinders met verskillende leerafwykings te ondersteun. Dit is vir ons belangrik om elke kind se persoonlike uitdagings te verstaan sodat ons hulle reg kan ondersteun. Hiervoor het ons ‘n unieke leerprogram ontwikkel wat verseker dat u kind die regte opvoeding ontvang!
1.Kennismaking
Die proses begin deur ‘n akkurate oorsig te kry van u kind. Deur ‘n kort onderhoud met u kry ons ‘n duideliker agtergrond oor u kind se uitdagings met hoofstroomonderwys. Ons leer u kind ook beter ken en probeer bepaal of ons hom/haar met ons dienste kan bevoordeel.
Ons ILT spesialis sit ook by en skep ‘n duidelike profiel oor u kind se benodighede. Die sessie is informeel, en gee ons en u meer insig oor u kind se unieke uitdagings en hoe ons dit kan oplos.
2. persoonlike program
Gebasseer op ons assessering van u kind ontwikkel ons ‘n persoonlike program. Kinders word in die toepaslike graadverband geplaas en gaan klas soos enige hoofstroomskool. Die program sluit die volgende uitsonderlike bronne in:
- Ons onderwysers word ingelig oor u kind se behoeftes en neem dit in ag tydens die klasse. Persoonlike aandag word gebied wanneer dit benodig word.
-
Ingewerkte sessies met die ITL spesialis. Hierin word u kind se vordering gemeet en aanpassings gemaak indien nodig.
-
Toegang tot ekstra hulpbronne soos leesvaardighede vir ekstra ondersteuning.
3. Verrykende dienste
Ons bied ‘n meerderheid verrykende dienste aan vir die kinders. Die dienste is ontwerp om die leerders se onderrig op te skerp en hulle bloot te stel aan nuwe aktiwiteite. Dienste soos leesvaardighede kan in plek gestel word indien u kind dit benodig. Ander dienste soos houtwerk gee kinders waardevolle praktiese ondervinding. Verryking sluit ook in robotika, perdry en buitemuurs soos LO en sport.
4. Terugvoer en aanpassing
Soos hoofstoomskole maak ons ook gebruik van verslae om die leerders se akademiese vordering oor te dra. Die verslae verwys na die kinders se akademiese vordering maar bevat ook ‘n indiepte oorsig van u kind se emosionele welsyn. Hierin rapporteer ons oor u kind se aanpassing tot die klasstruktuur, hul omgang met klasmaats en vermoë om by die hoofstroom aan te pas.
Hierop gebasseer kan ons aanpassing maak soos nodig. Ons kommunikeer alle veranderinge aan die leerders se persoonlike kurrikulum direk met ouers. Ons doel is om die ouers volledig ingelig te hou oor die leerders se welsyn en ontwikkeling.
Algemene Vrae
Wat is Remediërende Skole?
Remediërende skole is daarop gerig om leerders wat sukkel met leeruitdagings toegerus te maak om weer aan die hoofstroom voorgestel te word. Die skole word as tydelike maatreël gesien en is net nodig todat die leerder gereed is vir hoofstroomonderwys. Die tydsduur van remedierende onderrig is onbepaald en hang volledig van die kinders se vordering af.
Wat is ILT?
ILT (Integrated Learning Therapy) is ‘n vorm van terapeutiese behandeling wat daarop gerig is om kinders met leeruitdagings te ondersteun. Die praktyk fokus op die neurologiese oorkoms van die leeruitdagings en korrigeer dit deur sensoriese en sielkundige behandeling. ILT praktisyne begin deur die kind te assesseer en daarop ‘n gespesifiseerde program te ontwikkel om kind se senuweestelsel te versterk. Hierdie veranderinge verbeter die kind se fokus, selfvertroue en gemoed. Dit het ‘n voordelige effek op hul akademiese vermoeëns.
Hoe weet ek of my kind remediërende ondersteuning benodig?
Leerders wat vir lang periodes sukkel met basiese beginsels soos lees, spraak en numeriese uitdrukkings sal moontlik ondersoek moet word vir remediërende onderrig. Daar is ook emosionele kentekens soos frustrasie, verveeldheid, aggressie en huilerigheid wat dikwels veroorsaak is deur ‘n leerder se bewustheid dat hy/sy nie kan by hou met die klasse nie. Nie alle kinders wat las het met leeruitdagings kwalifiseer vir remediërende onderrig nie. Hoofstroomskole sal dikwels aandui wanneer die dienste benodig word. Dit is belangrik om vroegtydig u kind na ‘n spesialis te bring indien u optel dat u kind agter raak op skool.